Friday, April 3, 2009

Cyanide and Happiness

BB het laas jaar vir my Cyanide and Happiness comics begin stuur en van toe af is ek hooked.

Van hulle is erg twisted, maar dis altyd hilarious. Hier's my favourite een vir die week.





Don't judge a book by it's cover

Mens se hart is 'n snaakse ding. Net as jy dink jy weet presies wat jy wil he, dan kom jou hart en bogger dit alles deurmekaar.

Niemand wil ooit admit dat hulle mense stereotype nie, maar ons almal doen dit. As iemand net 'n bietjie anders is as jy, word daar outomaties aangeneem dat hy/sy nie normaal is nie. Maar wat is normaal? Wat vir my heeltemal normaal is, is vir iemand anders dalk ongelooflik strange.

Ons judge mense op die klere wat hulle dra, hulle hare, die musiek wat hulle luister, hulle hobbies en hulle gelowe. Piercings, tattoos, mini-skirts, die manier wat hulle loop. As dit nie is waaraan jy gewoond is nie, is dit nie normaal nie.

Hoeveel van ons vat actually die tyd om mense wat ons perceive as anders te ontmoet en mee te gesels?

Die wereld is al klaar 'n redelike shitty plek partykeer, en ons vooropgestelde idees help nie om dit beter te maak nie.

Daar's 'n liedjie van Klopjag wat Ex 1 eenkeer vir my gespeel het met een van ons vele make-up's. Dink die song se naam is Boks, dis op Album 3. Hy't gese dat dit hom laat besef het wat hy besig was om verkeerd te doen in ons relationship en in sy lewe. Hy wou gehad het ek moes iemand wees wat ek nie was nie. Daardie dag al het ek myself belowe dat nie meer mense in bokse gaan probeer druk nie. Partykeer kry ek dit reg om dit nie te doen nie, partykeer nie. Dis seker maar menslik. Tog dink ek dat as ons almal net sou probeer om mekaar te aanvaar met al ons verskillende nukke, sal die wereld 'n baie meer peaceful plek wees.

Ek weet dit klink idealisties en naief, maar ek kan met sekerheid se dat die gesegde, don't judge a book by its cover waar is. Ek het vir 'n slag met 'n baie open mind in 'n vriendskap ingegaan, en al verskil ek en Mr. JB seker baie, het ek soveel meer om met hom te deel en hy met my. Ons kort vriendskap beteken al meer vir my as wat van my ouer vriendskappe ooit kan beteken.

So doen jouself 'n guns en probeer met iemand wat jy dink is "anders" gesels. Ja, die persoon kan dalk 'n complete weirdo wees wat jou sal stalk, maar dit kan dalk die begin wees van iets great.