Friday, March 27, 2009

Here kitty, kitty...

HOE OM JOU KATJIE 'n PILLETJIE TE GEE:

1. Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy 'n klein baba vashou. Sit jou regter wysvinger en duim aan beide kant van sy snoetjie en oefen versigtig druk uit, terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou. Sodra jou katjie sy bekkie oop maak, gooi die pil in en gee die katjie die geleentheid om dit af te sluk.

2. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit. Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.

3. Gaan haal die blêrrie kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die drom.

4. Neem 'n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm, terwyl jy beide voorpote stewig vashou. Forseer sy kake oop en druk die pil binne in sy mond met jou regter wysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10 tellings toe.

5. Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die mal kat bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.

6. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, neem sy pootjies in 'n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met 'n hout liniaal. Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy slukproses aan te moedig.

7. Haal die bef%kte kat van die gordyn-reling af en neem nog 'n pil uit die dosie uit. Maak 'n aantekening om 'n nuwe liniaal te koop en ook om die gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies en potte op sodat jy dit later kan weggooi.

8. Draai die blasende kat in 'n groot handdoek toe en laat jou maat bo-op die kat lê of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte. Suig die pil met 'n strooitjie op en forseer die blêrrie kat se bek oop. Blaas die pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.

9. Lees die pamflet deur, om te sien of die pille skadeloos vir mense is en drink 'n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry. Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai 'n verband om. Verwyder die bloedvlekke van die vloer.

10. Gaan haal die f%kken kat uit die buurman se garage, neem nog n pilletjie uit die boks en drink nog n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet die pil met 'n kettie in sy keel af.

11. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op sy skaniere. Soek die whisky bottel, neem 'n groot sluk en ontsmet die krapmerke op jou wange. Maak seker of jou tetanus-inspuiting nog geldig is. Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek 'n ou overall aan.

12. Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal. Vra jou buurman om verskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.

13. "Tape" beide voorvoete van die tierkat aan mekaar vas met duct tape. Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas met 'n stuk ankertou. Trek jou welding-gloves aan, druk die pil in 'n stukkie vleis en gooi n groot glas vol water. Hou die klein wetter se kop agteroor, gooi die vleis in, gevolg deur die hele glas water, hou sy bek toe vir 5 minute.

14. Neem die bottle whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou, so gou moontlik, by Ongevalle te kry, want jy word al lighoofdig van die bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voor-arm vaswerk en die laaste pil uit jou oog uit verwyder. Bel onderweg vir Hyperama om 'n nuwe eetkamer-tafel te bestel.

15. Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die gemuteerde satanskind van 'n helkat kom haal en stop by die Petshop om te vra of hulle nie dalk klein hamsters het nie.

HOE OM 'n HOND 'n PIL TE GEE:

Draai dit in 'n stukkie ham toe.

Ek looooove hierdie e-mail en dis presies hoekom ek 'n kat wil he... Hulle is evil.

(Dankie Yvette)

Would you like some friends with that?

Deur my lewe het ek nog altyd baie waarde aan vriendskap geheg. En toe ek en Ex1 begin uitgaan het, het ek die grootste fout van my lewe gemaak en my vriende begin afskeep.

Nadat ek en Ex1 uitmekaar uit is het ek weer stadig maar seker begin om al die los toutjies van my relationships op te tel en is ek dankbaar dat die volgende mense my kon vergewe en nou 'n baie belangrike deel van my lewe opmaak:

Flatmate: Ons was al op skool goeie vriendinne, maar die afgelope paar maande was sy die een wat my gedra het deur my numerous break-up's met Ex1. Sy's meer as net 'n vriendin of selfs my beste vriendin. Sy's my sielsussie. As dit nie vir haar was nie sou ek tien-teen-een nou weer terug by Ex1 gewees het. Ons is twee completely verskillende mense. Sy's 'n ekstrovert, ek's 'n introvert. Sy's 'n party-animal en ek's 'n home-body. En tog het ons nog nooit baklei of vasgesit nie. Ons het ongelooflik baie fun! Sy bring my uit my dop uit en ek kalmeer haar.

BB: Soos ek in my vorige post gese, ken ek en BB mekaar al 16 jaar maar ons het eers in 2007 regtig goeie vriende geword. Hy weet alles van my. Letterlik. As daar iets in my lewe gebeur is hy altyd die eerste een om te weet. Hy is my beste vriend en ek sal enige iets vir hom doen. Hy is altyd daar vir my as ek wil bitch oor iets en hy gee amazing advice oor ouens, juis omdat hy nie skaam is om vir my te se as hy dink 'n ou is my nie werd nie. (Mental note: Moet dalk meer na hom begin luister. Hy was reg oor Cowboy)

Pretty Boy: Ah.... My pretty boy. Die feit dat ek sy vriendskap weggegooi het vir Ex1 is die ding waaroor ek die spytste is. Ons het in St.7 (ek, hy was toe in St.9) vriende geword en was basically inseperable. Obviously het Ex1 dit nie ge-like nie en moes ek eventually kies tussen hulle. Omdat ek so verlief was as wat ek was het ek toe vir Ex1 gekies en het my en Pretty Boy se relationship geflounder. Nou is ek en hy closer as ooit en ek kan nie my lewe sonder hom voorstel nie. Al sien ons mekaar deesdae baie min, is hy altyd in my gedagtes. Sy lewe was alles behalwe maanskyn en rose en tog is hy 'n amazing persoon.

Die Fashionista: Sy's die een vriendin wat by my gestick het toe ek en Ex1 begin uitgaan het en ek mis ons praatjies in die parkie. Sy is beyond cool en altyd fun. Sy kan donders moeilik wees, maar dis omdat sy weet wat sy wil he en nie wil opgee daarop nie. Ek amire haar, want sy laat nie mense oor haar loop nie en sy is ongelooflik wys. Ek worry net partykeer dat sy dit nie weet nie. En ek wil haar skoen collection he.

Dis die ou maatjies.

Die nuwes is net so super cool:

Mister: Ek weet ek noem almal mister maar hy is DIE Mister. Hy werk saam met Flatmate en ek moet erken ek was nie in die begin te mal oor hom nie. Maar nou is Mister 'n huge deel van my en Flatmate se lewens en ons is baie lief vir hom. Hy's al deur baie in sy lewe en ek kan oor enige iets met hom praat. In 'n mate is hy seker my en Flatmate se ouboet...

Mr. JB: And last but not the least (inteendeel)... Ek het vir Mr. JB oor die internet ontmoet en van die eerste dag wat ons begin chat het het hy my laat lag. Ek het hom nog nie face-to-face ontmoet nie, maar ek is mal oor die dude! Hy laat my letterlik elke keer as ek met hom chat lag en ek love ons laat-nag oproepe oor sy skating en sy band en oor al die nonsens wat ons deur die dag aangevang het. Dit voel vir my of ek hom al jare ken (dis actually nou eers 3 weke). Maar anyway, ek dink hy's AWESOME en hy het my weer lus gemaak vir die lewe :)

So dis die mense wat my lewe die moeite werd maak en wie baie genoem gaan word in hierdie blog. Dis tien-teen-een van geen belang vir enige iemand, behalwe vir my nie, maar ek is ongelooflik dankbaar om hulle in my lewe te he en ek is lief vir elkeen van hulle .

Ciao!

Dude, where's my karma?

Ek wonder partykeer of my vriende altyd besef watter impak hulle op my lewe het?

Meeste van my naaste vriende weet hoe ek oor meeste goed voel (lees hier: geloof en ons reg om te stem), en tog kry hulle dit reg om my ongelooflik erg om te krap somtyds.

Ek en BB ken mekaar al jare (van Gr.2 af) maar het eers die afgelope twee jaar goeie vriende geword. Hy weet letterlik alles wat daar is om te weet van my. Al my skandes, vrese en die dinge wat my gelukkig maak.

Ons stem saam oor meeste van die dinge in die lewe, behalwe vir twee goed. Hy's 'n Bul en ek's 'n Shark. En ons het al ge-agree om te disagree daaroor. Die ander ding is geloof. Hy's 'n Christen en ek... is... wel, dis die probleem. Ek weet nie wat ek glo nie en ek werk daaraan, maar BB kan dit nie aanvaar nie. Nou, ek verstaan dat hy bekommerd is oor my siel en als, maar shit dude. Die manier wat hy my probeer oortuig om 'n Christen te wees, werk nie so lekker nie. Inteendeel, dis besig om my weg te stoot van hom af.

Hoekom judge party mense so maklik? Nee, ek is nie 'n Christen nie, maar dit maak my nie 'n slegte mens nie. Ek lewe meer soos 'n Christen as meeste ander Christene en tog, sodra mense hoor ek is nie actually een nie, is dit asof ek ewe skielik 12 punte daal op hulle respek-skaal. En die skaal is uit tien.

Wat my so ontstel is dat ek dit toelaat om my te ontstel. Ek het vrede gemaak met die feit dat ek twyfel en ek soek nog na antwoorde, maar my vriende kan dit nie verstaan nie (met die uitsondering van Flatmate en my nuwe maatjie, Mr. JB.).

Nou wonder ek of hy weet wat hy gedoen het aan ons vriendskap en my gemoedstoestand... Dit voel vir my asof ek hom nie meer kan vertrou nie. Dat ek hom nie meer alles kan vertel nie. As hy my judge oor my geloof, waaroor judge hy my nog? Ken hy my dan regtig so goed as wat ek gedink het? As hy het, sou hy geweet het dat ek Dinsdag in trane huis toe is. Nie omdat ek worry oor wat met siel gaan gebeur nie. Maar oor ons vriendskap wat nou vir my goedkoop en fake voel. En dit maaak my ongelooflik hartseer.

Ek glo in Karma en dat wat ek in hierdie wereld instuur sal ek terugkry, maar op die oomblik twyfel ek daarin. Ek judge nie mense oor wat hulle glo nie, hoekom judge hulle my dan?

Anyhoo, my en BB se onderonsie die week het my laat besluit dat ek nie meer met my vriende gaan praat oor geloof nie, want ek dink nie hulle is reg om te hoor dat hulle vriendin nie glo nie.

As ek eendag uitgefigure het wat die doel is met my lewe sal ek hulle laat weet, tot dan... Moet hulle maar glo wat hulle wil.