Tuesday, February 24, 2009

Lovestories

So het ek dan gisteraand my gunsteling boek vir die vierde keer klaar gelees. Ek is 'n sucker as dit kom by love-stories en as dit nog boonop op 'n ware verhaal gebaseer is... Anyway.

Ongelukkig dink ek is dit besig om 'n negatiewe effek te he op my siening oor liefde en die lewe in general. Ek raak heeltemal te gou verlief op ouens wat duidelik nie goed is vir my nie.

Vat nou maar vir Mr. Cowboy. Hy was 'n barman by Presley's (ek weet, dis dodgy) maar so hot soos kan kom ('n wafferse Vin Diesel look-alike) en nogal oulik ook. Hy't sy nommer vir een van my beste vriende gegee (Wat amper 2 keer sy size is en wie hy gedink het is my boyfriend) en gevra ek moet hom sms so obviously het hy balls. Maar, en daar is altyd 'n maar as dit kom by die ouens wat ek date, uit die 3 maande wat ons mekaar ken, het ek hom omtrent net 7 keer gesien. En om hom te kry om enigsins gevoelens te wys is flippen onmoontlik.

Ek besluit toe hierdie naweek, dat ek maar eerder van hom moet vergeet en aangaan met my lewe. Great. Maklik. Dis mos pointless om iemand te date wat jy net 1 keer 'n maand sien. En siende dat ek hom so min sien is dit mos veronderstel om maklik te wees om van hom te vergeet. Toe nou nie. Waar ek gister fine was, kan ek vandag weer nie ophou om aan hom te dink nie! WTF! En hoekom, omdat hy my gisteraand gesms het om hi te se. Ja, ek weet dit klink insignificant. Maar die feit dat my hart so verskriklik aan die bons gegaan het het my bietjie ontstel. Ek het besef ek mis hom meer as wat ek my ex (Ex 1) met wie ek 7 jaar uitgegaan het gemis het.

So wat doen ek nou? Ek is genuinely mal oor hom, maar ek sukkel om 'n toekoms saam met 'n ou te sien wat nie eers die moeite doen om my te sien nie. Sekerlik verdien ek beter as dit? Is dit so moeilik om 'n ou te kry wat jou nie heeltemal smother nie (Ex 1), kan opstaan vir homself en vir jou (Ex 2) en wat die moeite kan doen om by jou uit te kom (Mr. Cowboy)? Is daar ooit nog sulke ouens?

Dis hoekom ek se love-stories warp mens se idee van hoe liefde en 'n verhouding moet wees. Want dit werk altyd so, Boy meets Girl, they like each other, something happens that makes them dislike each other. Op een of ander weird manier kom hulle agter dit was als net 'n groot communication problem. They make up and the world is perfect again. So maklik.

Of soos in my boek: twee raak verlief, maar word geskei deur die oorlog (of in ander stories, een of ander calamity wat buite hulle beheer is). Hy travel 4 jaar deur Siberia en Russia, meestal te voet, in die middel van die winter, terwyl hy Tuberculosis het en nie eers weet of sy nog lewe nie! Dis mos nou commitment. En siende dat dit op 'n ware verhaal gebaseer is, piss dit my af dat Mr. Cowboy nie eers van Joburg af kan ry om my te kom sien nie!!!

Anyway, die lewe gee jou seker nie altyd wat jy wil he nie, en jy moet seker maak daarvan wat jy kan.

Al maak love-stories my depressed oor die lewe gaan ek aanhou glo dat my storie ook so gaan wees, en dat dit nog net geskryf moet word.

Want ek kies om te glo in liefde. Love-storie-style.

2 comments:

  1. As dit nou Facebook was het ek die LIKE button gedruk! Baie cool.
    Ek en my girl het ook uitgemaak oor dieselfde kak. Blykbaar het ek en Mr Cowboy dieselfde maniere!

    ReplyDelete
  2. Ten minste besef jy dit. Cowboy lewe voort in total unaware bliss...

    ReplyDelete