Friday, March 27, 2009

Dude, where's my karma?

Ek wonder partykeer of my vriende altyd besef watter impak hulle op my lewe het?

Meeste van my naaste vriende weet hoe ek oor meeste goed voel (lees hier: geloof en ons reg om te stem), en tog kry hulle dit reg om my ongelooflik erg om te krap somtyds.

Ek en BB ken mekaar al jare (van Gr.2 af) maar het eers die afgelope twee jaar goeie vriende geword. Hy weet letterlik alles wat daar is om te weet van my. Al my skandes, vrese en die dinge wat my gelukkig maak.

Ons stem saam oor meeste van die dinge in die lewe, behalwe vir twee goed. Hy's 'n Bul en ek's 'n Shark. En ons het al ge-agree om te disagree daaroor. Die ander ding is geloof. Hy's 'n Christen en ek... is... wel, dis die probleem. Ek weet nie wat ek glo nie en ek werk daaraan, maar BB kan dit nie aanvaar nie. Nou, ek verstaan dat hy bekommerd is oor my siel en als, maar shit dude. Die manier wat hy my probeer oortuig om 'n Christen te wees, werk nie so lekker nie. Inteendeel, dis besig om my weg te stoot van hom af.

Hoekom judge party mense so maklik? Nee, ek is nie 'n Christen nie, maar dit maak my nie 'n slegte mens nie. Ek lewe meer soos 'n Christen as meeste ander Christene en tog, sodra mense hoor ek is nie actually een nie, is dit asof ek ewe skielik 12 punte daal op hulle respek-skaal. En die skaal is uit tien.

Wat my so ontstel is dat ek dit toelaat om my te ontstel. Ek het vrede gemaak met die feit dat ek twyfel en ek soek nog na antwoorde, maar my vriende kan dit nie verstaan nie (met die uitsondering van Flatmate en my nuwe maatjie, Mr. JB.).

Nou wonder ek of hy weet wat hy gedoen het aan ons vriendskap en my gemoedstoestand... Dit voel vir my asof ek hom nie meer kan vertrou nie. Dat ek hom nie meer alles kan vertel nie. As hy my judge oor my geloof, waaroor judge hy my nog? Ken hy my dan regtig so goed as wat ek gedink het? As hy het, sou hy geweet het dat ek Dinsdag in trane huis toe is. Nie omdat ek worry oor wat met siel gaan gebeur nie. Maar oor ons vriendskap wat nou vir my goedkoop en fake voel. En dit maaak my ongelooflik hartseer.

Ek glo in Karma en dat wat ek in hierdie wereld instuur sal ek terugkry, maar op die oomblik twyfel ek daarin. Ek judge nie mense oor wat hulle glo nie, hoekom judge hulle my dan?

Anyhoo, my en BB se onderonsie die week het my laat besluit dat ek nie meer met my vriende gaan praat oor geloof nie, want ek dink nie hulle is reg om te hoor dat hulle vriendin nie glo nie.

As ek eendag uitgefigure het wat die doel is met my lewe sal ek hulle laat weet, tot dan... Moet hulle maar glo wat hulle wil.

No comments:

Post a Comment