Monday, May 4, 2009

SIMS 3

SIMS 3!!!

Ek is 'n huge SIMS fan, en ek't nou al 'n rukkie terug gehoor dat die nuwe SIMS binnekort gaan uitkom. So toe Mr. JB my anoggend hierdie link mail, het ek amper 'n traan gestort. Nee, eintlik twee. 'n Traan van blydskap en 'n traan van hartseer. Ek's bly want, damn, ek en Flatmate gaan lekker speel. Maar shit mense, ons gaan niks anders doen nie...

In ons 1ste jaar in Zinnia, het ek en sy my roommate mal gemaak. Want sien, ek het toe nog nie 'n PC gehad nie, Roommate het inteendeel 'n awesome een gehad wat SIMS2 baie mooi gerun het. So ek en Flatmate het onsself vir ure agter daai PC geplant. En as ek se ure, bedoel ek URE! Ons het eerder SIMS gespeel as om te swot, oefen, selfs eet. Ons het maar net gehoop iemand sal genadig wees en ons met 'n koekie of twee gooi elke nou en dan.

SIMS3 gaan tien teen een dieselfde paadjie met ons loop. So ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om solank vir Mr. JB onverskoning te vra vir al die ure wat ek hom nie gaan sien in hierdie tyd nie. (BTW, ek en Mr. JB is nou al 'n paar weke saam, sal later meer van die awesomeness vertel :D) Mister, jammer, maar die flat gaan van nou af jou verantwoordelikheid wees. Aan my werkgewers, jammer vir die ure se slaap wat ek gaan mis, en daardeur heeltemal onproduktief gaan wees die volgende dag.

So ja, hier is 'n link vir die wat sou belangstel om te gaan kyk. DIS AWESOME!!

http://thesims3.ea.com/view/pages/home.jsp?languageCode=uk

Tata!

No comments:

Post a Comment