Thursday, May 21, 2009

Tim Tam Suck

O.M.G.

'n Paar jaar terug het iemand vir my ma 'n pak van hierdie koekies van Australia af gebring en ek het dit geloooooove. So toe ek eendag in die Groenkloof Spar inloop en ek trip amper oor die berg Tim Tam koekies het ek gedink ek's in die hemel.

Hierdie is die perfekte koekie, met net die regte balans van sjokolade en koekiedele. En net so is hulle ongelooflik lekker.

Ek sit toe eendag en eet van hierdie stukkies hemel, toe Ex1 se broer daar inloop en vir my vra of ek nie weet hoe mens veronderstel is om hulle eintlik te eet nie.
Hy wys my toe wat ek nou ken as die Tim Tam Suck (hmm, klink so bietjie suggestief...).

Volgens Arnott's is mens veronderstel om altwee die punte heeltemal af te byt, maar Ex1 Broer het my gewys dat mens net 2 teenoorgestelde hoekies af te byt.

Jy dip dan die een punt in jou koffie (of tee seker, maar ek hou maar van my Java), en suig dit deur die ander punt...

Dan moet jy vinnig wees, want obviously gaan die warm koffie die sjokolade laat smelt (dis soort van die punt), druk die hele koekie in jou mond en dis dit. Hemel. Saligheid. Vrede. Skuldgevoelens (want niks so lekker kan legal wees nie).

No comments:

Post a Comment